Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 10:6-16 Bybel vir Almal (ABA)

6. Die Here het vir die man met die linne-klere gesê hy moet vuur gaan haal tussen die wiele tussen die gerubs. Die man het gegaan en hy het langs ’n wiel gaan staan.

7. ’n Gerub het sy hand uitgesteek na die vuur tussen die gerubs en hy het kole geneem en dit in die hande van die man met die linne-klere gesit. Die man het dit geneem en uitgegaan.

8. Ek het onder die vlerke van die gerubs iets gesien. Dit het gelyk soos menshande.

9. Toe ek weer kyk, sien ek vier wiele langs die gerubs. Daar was ’n wiel langs elke gerub. Die wiele het gelyk soos chrisoliet-klip.

10. Die wiele het dieselfde gelyk. Dit het gelyk of daar nog ’n wiel binne-in elke wiel was, daardie wiel was dwars.

11. Die wiele kon na enige kant beweeg. Die wiele het nie weggedraai wanneer hulle beweeg nie, want die wiele het almal gegaan waar die voorste wiel gegaan het. Hulle het nie weggedraai wanneer hulle beweeg nie.

12. Elke gerub se lyf was rondom vol oë, ook sy rug, sy hande en sy vlerke, en ook die vier wiele.

13. Ek het gehoor iemand sê dit is wiele.

14. Elke gerub het vier gesigte gehad. Die eerste gesig was die gesig van ’n gerub, die tweede gesig was die gesig van ’n mens, die derde gesig was die gesig van ’n leeu en die vierde was die gesig van ’n arend.

15. Die gerubs het in die lug opgegaan. Dit was dieselfde diere wat ek by die Kebar-kanaal gesien het.

16. Wanneer die gerubs beweeg het, dan het die wiele langs hulle ook beweeg. Wanneer die gerubs met hulle vlerke in die lug opgegaan het, dan het die wiele nie weggedraai nie. Hulle het langs die gerubs gebly.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 10