Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 7:9-18 Bybel vir Almal (ABA)

9. “Wanneer die farao vir julle sê julle moet ’n teken wys, dan moet jy vir Aäron sê: ‘Neem jou kierie en gooi dit op die grond voor die farao. Die kierie sal in ’n slang verander.’ ”

10. Toe Moses en Aäron by die farao kom, het hulle gedoen wat die Here vir hulle gesê het. Aäron het sy kierie voor die farao en voor sy amptenare op die grond gegooi, en dit het in ’n slang verander.

11. Die farao roep toe die slim manne en towenaars van Egipte, en hulle het dieselfde gedoen.

12. Elkeen het sy kierie op die grond gegooi, en die kieries het in slange verander. Maar Aäron se kierie het hulle kieries ingesluk.

13. Die farao het hardkoppig gebly en hy het nie na Moses en Aäron geluister nie. Dit was soos die Here gesê het.

14. Die Here het vir Moses gesê: “Die farao is baie hardkoppig. Hy wil nie die Israeliete laat gaan nie.

15. Die farao sal môre-oggend na die rivier gaan. Wag vir hom op die rivier se wal. Neem die kierie wat in ’n slang verander het, in jou hand

16. en sê vir die farao: ‘Die Here, die God van die Hebreërs, het my na jou toe gestuur om te sê jy moet sy volk laat gaan sodat hulle Hom in die woestyn kan dien. Maar jy het nog nie geluister nie.

17. Nou sê die Here Hy sal iets doen sodat jy kan weet Hy is die Here. Ek sal met hierdie kierie wat in my hand is, op die water in die Nyl-rivier slaan, en die water sal in bloed verander.

18. Die visse in die Nyl-rivier sal vrek, en die rivier sal stink. Die Egiptenaars sal nie die rivier se water kan drink nie.’ ”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 7