Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 3:7-12 Bybel vir Almal (ABA)

7. Toe sê die Here: “Ek het gesien my volk kry baie swaar in Egipte. Ek het gehoor hulle roep en vra dat Ek hulle moet help teen die mense wat hulle soos slawe laat werk. Ek is baie jammer vir hulle.

8. Ek wil hulle gaan help teen die Egiptenaars. Ek wil hulle uit hierdie land laat uitgaan na ’n goeie en groot land, ’n land waar daar baie melk en heuning is. Dit is die land waar die Kanaäniete nou woon, en ook die Hetiete, die Amoriete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete.

9. Ek het gehoor hoe die Israeliete bid en vir My vra om hulle te help. Ek het gesien dat die Egiptenaars slegte dinge aan hulle doen.

10. Ek wil jou na die farao toe stuur om my volk, die Israeliete, uit Egipte te bring.”

11. Moses het vir God gesê: “Ek is nie ’n belangrike man nie. Ek kan nie na die farao toe gaan en die Israeliete uit Egipte bring nie.”

12. Maar God het gesê: “Ek sal by jou wees en Ek sal vir jou ’n teken gee om te bewys dat Ek jou gestuur het: Wanneer jy die volk uit Egipte gebring het, dan sal julle My op hierdie berg kom dien.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 3