Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 19:10-15 Bybel vir Almal (ABA)

10. Die Here het vir Moses gesê: “Gaan na die volk toe. Reinig hulle vandag en môre en sê hulle moet hulle klere was.

11. Hulle moet oormôre gereed wees, want Ek sal oormôre afkom op Sinai-berg. Almal sal My daar sien.

12. Maar jy moet vir die mense sê tot waar hulle mag gaan. Hulle mag nie teen die berg opgaan of aan sy kant raak nie. As iemand aan die berg raak, dan moet hy sterf.

13. Die ander mense mag nie met hulle hande raak aan iemand wat dit gedoen het nie. Hulle moet hom met klippe doodgooi of met ’n pyl en boog doodskiet. Julle moet dieselfde doen met ’n dier wat aan die berg raak, hy mag ook nie lewe nie. Maar wanneer die mense hoor dat iemand die ramshoring blaas, dan mag hulle opgaan teen die berg.”

14. Moses het afgekom van die berg en hy het na die mense toe gegaan. Hy het hulle gereinig en gesê hulle moet hulle klere was.

15. Hy het vir die mense gesê: “Julle moet oormôre gereed wees, en julle moenie by ’n vrou slaap nie.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 19