Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 14:8-23 Bybel vir Almal (ABA)

8. Varke het gesplete hoewe, maar hulle herkou nie. Hulle is onrein vir julle. Julle mag nie hierdie diere se vleis eet nie en julle mag nie aan hulle dooie liggame raak nie.

9. Julle mag al die diere in die water eet wat vinne en skubbe het,

10. maar julle mag niks eet wat nie vinne en skubbe het nie, dit is onrein vir julle.

11. Julle mag die vleis van enige rein voël eet.

12-18. Die voëls wat julle nie mag eet nie, is: arende, aasvoëls, vis-arende, valke, kraaie, volstruise, seemeeue, uile, pelikane, visvangers, duikers, ooievaars, reiers, hoep-hoepe, en ook vlermuise.

19. Al die insekte wat vlerke het, is onrein vir julle, julle mag dit nie eet nie.

20. Julle mag net rein voëls eet.

21. “Julle mag nie die vleis eet van enige dier wat self gevrek het nie, julle mag dit vir die vreemdelinge gee wat by julle woon sodat hulle dit kan eet. Of julle mag daardie vleis verkoop aan mense wat nie Israeliete is nie. Hoekom? Want julle is die gewyde volk van julle God die Here.“Julle mag nie ’n bok-lam kook in sy ma se melk nie.”

22. “Julle moet elke jaar een tiende van alles wat julle geplant het en wat julle uit die grond kry, apart hou.

23. Dan moet julle dit eet op die plek wat julle God die Here sal kies om self daar te woon, daar waar Hy is. Julle moet die tiende van julle koring en julle wyn en julle olyf-olie daar eet, en ook die vleis van die eerste kalwers en lammers, sodat julle kan leer om julle God die Here altyd te eer.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 14