Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 6:8-15 Bybel vir Almal (ABA)

8. Al jou belangrike amptenare het saam besluit dat jy ’n wet moet maak: Al die mense moet 30 dae lank net tot jou bid, en jy sal almal wat dit nie doen nie en tot ’n ander mens of god bid, vir die leeus gooi.

9. Koning, jy moet nou hierdie wet maak, en dit moet ’n wet wees van Medië en Persië, ’n wet wat niemand kan verander nie.”

10. Koning Darius het toe die wet gemaak.

11. Daniël het gehoor van die nuwe wet, maar hy het in sy huis gegaan en hy het elke dag drie maal gekniel en gebid en sy God geprys soos hy altyd gedoen het. Hy het gebid voor die oop vensters van die kamer op die dak. Die vensters was oop na Jerusalem toe.

12. Die ander amptenare het nader gehardloop en gesien Daniël bid tot sy God.

13. Hulle gaan praat toe met die koning oor die wet wat hy gemaak het. Hulle het vir hom gesê: “Koning, jy het ’n wet gemaak: Al die mense mag 30 dae lank net tot jou bid, en as iemand in hierdie tyd tot ’n ander mens of god bid, dan sal jy hom vir die leeus gooi.”Die koning het gesê: “Ja, dit is ’n wet van Medië en Persië, niemand kan dit verander nie.”

14. Toe sê die amptenare vir die koning: “Een van die manne van Juda wat hier in Babel is, doen nie wat jy wil hê nie. Dit is Daniël, hy doen nie wat die wet sê nie. Hy bid drie maal elke dag tot sy God.”

15. Die koning was baie hartseer toe hy dit hoor. Hy wou vir Daniël red, en hy het die hele dag ’n plan probeer maak om Daniël te help.

Lees volledige hoofstuk Daniël 6