Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 1:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die woorde van Amos.Amos was ’n skaapboer. Hy het in die stad Tekoa gewoon. Die Here het vir hom gewys wat met die Israeliete sal gebeur. Dit was twee jaar voor die aardbewing. In daardie tyd was Ussia die koning van die land Juda, en Jerobeam was die koning van die land Israel. Jerobeam was die seun van Joas.

2. Amos het gesê:“Wanneer die Here uit Jerusalem praat, dan is dit soos ’n leeu wat brul. Dan word die veld droog waar die skape moet wei, die plante op Karmel-berg gaan dood.”

3. Die Here sê:“Die mense van die stad Damaskushet ’n baie groot sonde gedoen,daarom sal Ek hulle straf.Hulle het wrede dinge gedoenaan die mense van die land Gilead.

4. Ek sal ’n vuur stuur na die huiswat koning Gasael gebou het,en die mooi huisewat koning Ben-Hadadgebou het, sal afbrand.

5. Ek sal die poort van Damaskusoopbreek.Ek sal al die mensewat in Bikat-Awen woon,doodmaak saam met die koningin die stad Bet-Eden.Die vyande sal die Arameërs vangen wegvat na die land Kir.”Dit is wat die Here gesê het.

6. Die Here sê:“Die mense van die stad Gasahet ’n baie groot sonde gedoen,daarom sal Ek hulle straf.Hulle het in party stedeal die mense gevang en verkoop,en die mense het die Edomietese slawe geword.

7. Daarom sal Ek ’n vuur stuurna die stad Gasa.Sy mooi huise sal afbrand.

Lees volledige hoofstuk Amos 1