Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 6:9-21 Bybel vir Almal (ABA)

9. Dawid het daardie dag baie bang geword vir die Here. Dawid het gesê: “Ek kan nie die kis van die Here na my toe laat kom nie.”

10. Daarom het Dawid nie die kis na hom toe laat kom in die Dawidstad nie. Hy het gesê hulle moet die kis bring na die huis van Obed-Edom. Obed-Edom het van die stad Gat gekom.

11. Die kis van die Here het drie maande lank in die huis van Obed-Edom gebly. Die Here het die huisgesin van Obed-Edom geseën en ook alles wat aan hom behoort.

12. Koning Dawid het gehoor dat die Here dit goed laat gaan met die huisgesin van Obed-Edom en met alles wat hy het, omdat die kis van God by hom is. Dawid het toe gegaan en hy het die kis van God uit die huis van Obed-Edom geneem en hy het dit na die Dawidstad gebring. Dawid was baie bly.

13. Die manne wat die kis gedra het, het ses tree geloop, en daarna het Dawid ’n bul en ’n vet jong bees ge-offer. Hy het dit elke maal gedoen wanneer hulle ses tree geloop het.

14. Dawid het wild gedans voor die Here. Hy het ’n linne-skouer-kleed aangehad.

15. Dawid en al die leiers van Israel het die kis van God gebring. Hulle het geskree en hulle het ramshorings geblaas.

16. Toe die kis van die Here in die Dawidstad kom, het Mikal dogter van Saul by die venster uitgekyk en sy het gesien hoe spring en dans koning Dawid voor die Here. Sy het Dawid nie meer gerespekteer nie.

17. Dawid het ’n tent laat opslaan vir die kis van die Here. Hulle het toe die kis gebring en hulle het dit neergesit op sy plek in die tent. Dawid het brand-offers en ete-offers vir die Here gebring.

18. Daarna het hy die Naam van die Here wat oor alles regeer, genoem en hy het die mense gegroet.

19. Hy het ’n broodjie en ’n koek dadels en ’n koek rosyne vir elke vrou en elke man gegee. Hy het dit vir al die mense gegee, vir al die baie mense van Israel. Hulle het toe almal huis toe gegaan.

20. Toe Dawid teruggaan om sy huisgesin te groet, het Mikal dogter van Saul na hom toe gekom en gesê: “Die koning van Israel het vandag ’n slegte ding gedoen. Jy het soos ’n dwaas amper kaal voor jou amptenare se slavinne gedans.”

21. Dawid het vir Mikal gesê: “Ek het gedans voor die Here wat my gekies en aangestel het om koning te wees oor sy volk Israel. Hy het nie jou pa en sy hele nageslag gekies nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 6