Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 23:6-17 Bybel vir Almal (ABA)

6. Maar slegte menseis soos doringswat jy weggooi,jy raak nie daaraanmet jou kaal hand nie.

7. Iemand wat met die doringsmoet werk,gebruik ’n yster of ’n spiesse steel,en hy verbrand die doringsdaar waar dit lê.”

8. Dawid het spesiale manne gehad wat goed oorlog kon maak. Hier is hulle name:Joseb-Bassebet van die stad Tagkemon was die leier van die eerste drie manne. Hy het 800 manne op een plek doodgemaak met sy spies.

9. Die volgende man van die eerste drie manne was Eleasar seun van Dodi van die stad Agoag. Eleasar was by Dawid toe hulle die Filistyne aangeval het wat bymekaargekom het om oorlog te maak. Die manne van Israel het gevlug,

10. maar Eleasar het bly staan en hy het Filistyne plat geslaan. Hy het aangehou totdat sy arm moeg was en sy hand vasgesit het aan die swaard. Die Here het hom laat wen teen al die Filistyne, en die ander manne van Israel het teruggekom net om die Filistyne se goed te vat.

11. Die derde man van die eerste drie manne was Samma seun van Age van die stad Harar. Die Filistyne het bymekaargekom by die plek Legi. Daar was ’n stuk grond waar lensies gegroei het. Die manne van Israel het gevlug vir die Filistyne,

12. maar Samma het in die lensieland gaan staan en hy het gekeer sodat die vyande dit nie kon vat nie. Hy het die Filistyne plat geslaan, en die Here het hom laat wen teen al die Filistyne.

13. Eendag het drie van die 30 leiers afgegaan na Dawid toe. Dawid was by die Adullam-grot. Dit was in die tyd toe die mense die koring afgesny het. ’n Groep Filistyne se tente was in Spook-laagte.

14. Dawid was in ’n veilige plek in die berge, en die Filistyne het manne in die stad Betlehem laat bly om die stad op te pas.

15. Dawid het dors geword en gesê: “Ek wens iemand bring vir my water uit die watergat in die poort van Betlehem.”

16. Die drie manne het tussen die tente van die Filistyne deurgeloop en hulle het water geskep uit die watergat in die poort van Betlehem. Hulle het dit vir Dawid gebring, maar Dawid wou dit nie drink nie. Hy het dit vir die Here gegee, dit was ’n drank-offer.

17. Dawid het gesê: “Here, ek kan nie hierdie water drink nie. As hierdie manne gesterf het, dan was dit my skuld.”Dawid wou nie die water drink nie, maar dit is wat die drie manne gedoen het.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 23