Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 20:12-20 Bybel vir Almal (ABA)

12. Amasa het in sy bloed gelê en rol in die middel van die pad. Elkeen wat by Amasa verbygekom het, het gaan staan. Iemand het dit gesien en hy het vir Amasa uit die pad gesleep tot in die veld. Hy het sy bo-kleed oor Amasa gegooi.

13. Nadat hy vir Amasa uit die pad gesleep het, het al die manne verbygegaan om vir Seba seun van Bikri te volg en te jaag.

14. Seba het die manne van al die stamme van Israel met hom saamgeneem na die stad Abel-Bet-Maäka. Al die manne van die Beker-familie het ook bymekaargekom en hulle het saam met hom gegaan.

15. Joab en die ander manne het die stad aangeval van al die kante. Hulle het ’n grondwal teen die muur van die stad gebou en al die manne by Joab het begin om die muur van die stad af te breek.

16. Daar was ’n slim vrou in die stad, sy het geskree: “Luister, luister na my! Sê asseblief vir Joab hy moet nader kom hiernatoe, ek wil met hom praat.”

17. Toe Joab nader kom, het die vrou gevra: “Is jy Joab?”En Joab het gesê: “Ja, ek is.”Sy sê toe vir hom: “Luister na wat ek sê.”En hy het gesê: “Goed, ek luister.”

18. Die vrou het gesê: “Die mense het voorheen altyd gesê: ‘Vra vir iemand in die stad Abel,’ en dan het hulle geweet wat om te doen.

19. Ek is een van die baie mense in die land Israel wat vrede wil hê en ek wil gehoorsaam wees aan die koning. Hoekom wil jy die mense van hierdie belangrike stad doodmaak? Dit is ’n stad wat aan die Here behoort, hoekom wil jy dit verwoes?”

20. Joab het geantwoord: “Nee, ek wil glad nie die stad verwoes en sy mense doodmaak nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 20