Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 18:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dawid het gesê die mense by hom moet gereedmaak om oorlog te maak, en hy het offisiere oor hulle gekies en aangestel.

2. Hy het die manne in drie groepe verdeel, en hy het hulle gestuur om te gaan veg. Een groep was saam met Joab, een groep was saam met Joab se broer Abisai, en een groep was saam met Ittai van die stad Gat. Dawid het vir die manne gesê: “Ek gaan self ook saam met julle, dit is seker.”

3. Maar die manne het gesê: “Nee, jy moenie saamgaan nie. As óns moet vlug, dan maak dit nie saak nie, en as die helfte van ons sterf, dan maak dit ook nie saak nie, want daar is dan nog 10 000 manne soos ons. Dit is beter dat jy in die stad bly en manne stuur om ons te help wanneer ons dit vra.”

4. Die koning het vir hulle gesê: “Ek sal doen wat julle wil hê.”Hy het by die poort gaan staan, en al die manne het uitgekom in groepe van 100 manne en 1 000 manne.

5. Die koning het vir Joab en Abisai en Ittai gesê: “Julle moenie die jongman Absalom seermaak nie.”Al die manne het gehoor wat die koning vir al die offisiere gesê het oor Absalom.

6. Die manne het uitgegaan veld toe om oorlog te maak teen die manne van Israel, en die oorlog het begin in die Efraim-bos.

7. Die manne van Dawid het daar gewen teen die manne van Israel, en hulle het daardie dag baie manne doodgemaak, 20 000 manne.

8. Die oorlog het oor die hele land versprei, en meer mense het daardie dag in die bos gesterf as in die oorlog.

9. Dawid se manne het vir Absalom gekry. Absalom het op ’n muil gery. Toe die muil onder die takke van ’n groot boom hardloop, het Absalom se kop vasgehaak in die boom en hy het in die lug bly hang. Die muil waarop hy gery het, het verder gegaan.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 18