Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 17:22-29 Bybel vir Almal (ABA)

22. Dawid en al die mense wat by hom was, het gereedgemaak en hulle het deur die Jordaan-rivier begin gaan. Hulle het aangehou om deur te gaan totdat dit lig geword het. Almal was toe deur die Jordaan-rivier.

23. Toe Agitofel sien Absalom wil nie doen wat hy gesê het nie, het hy sy donkie opgesaal en hy het gereedgemaak en teruggegaan na sy huis in die stad waar hy gewoon het. Hy het vir sy huisgesin gesê wat hulle moet doen, en toe het hy homself opgehang en hy het gesterf. Hulle het hom begrawe in sy pa se graf.

24. Toe Dawid by die stad Maganajim kom, het Absalom deur die Jordaan-rivier gegaan, hy en al die manne van Israel saam met hom.

25. Absalom het vir Amasa gekies en aangestel om die hoof van die leër te wees. Voorheen was Joab die hoof van die leër. Amasa was die seun van ’n man van die stad Jisreël. Die man se naam was Jitra. Jitra het geslaap by Abigal dogter van Nagas. Abigal was ’n suster van Seruja, Joab se ma.

26. Die manne van Israel en Absalom het hulle tente opgeslaan in die land Gilead.

27. Toe Dawid by Maganajim kom, was Sobi en Makir en Barsillai daar. Sobi was ’n seun van Nagas van die stad Rabba van die Ammoniete. Makir was ’n seun van Ammiël van die stad Lo-Dabar, en Barsillai was van die stad Rogelim in Gilead.

28. Hulle het slaapmatte gebring en skottels en bakke en koring en gars en meel en gebraaide koring en boontjies en lensies

29. en heuning en dikmelk en skape en bokke en beesmelk-kaas. Hulle het dit vir Dawid en die mense by hom gebring om te eet. Hulle het gesê: “Die mense het honger en moeg en dors geword in die woestyn.”

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 17