Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 12:6-12 Bybel vir Almal (ABA)

6. Hy het een ooitjie van die arm man gevat, maar hy moet vier ooitjies teruggee omdat hy hierdie verkeerde ding gedoen het, en omdat hy nie jammer was vir die arm man nie.”

7. Toe sê Natan vir Dawid: “Jý is die ryk man. Die Here die God van Israel sê: Ek het jou gesalf om koning te wees van Israel en Ek het jou gered van Saul.

8. Ek het jou koning laat word ná Saul en Ek het sy vroue vir jou gegee. Ek het jou koning laat word van Israel en Juda. En as dit te min was, dan sou Ek nog baie meer vir jou gegee het.

9. Hoekom was jy ongehoorsaam aan My? Hoekom het jy iets gedoen waarvan Ek nie hou nie? Jy het vir Urija die Hetiet vermoor, jy het sy vrou vir jouself gevat en jy het hom laat doodmaak met die wapens van die Ammoniete.

10. Daarom, daar sal altyd oorlog wees in jou familie, want jy het gewys dat jy dink Ek is nie belangrik nie. Jy het die vrou van Urija die Hetiet vir jouself gevat.

11. “Die Here sê: Ek sal nou iemand uit jou eie familie laat kom, hy sal jou laat swaarkry. Ek sal jou vroue vat en Ek sal hulle vir ’n ander persoon gee. Jy sal dit sien. Hy sal in die dag by jou vroue slaap, almal sal dit sien.

12. Want jy het hierdie verkeerde ding gedoen waar niemand dit gesien het nie, maar Ek sal hierdie ding doen in die dag waar al die Israeliete dit kan sien.”

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 12