Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 4:1-14 Bybel vir Almal (ABA)

1. Salomo het ’n altaar van brons laat maak. Die altaar was 20 el lank en 20 el breed en tien el hoog.

2. Hy het ook ’n waterbak laat maak. Die waterbak was rond en dit was tien el van die een kant tot by die ander kant. Dit was vyf el hoog en dit was 30 el rondom.

3. Onder teen die waterbak was daar beelde van beeste. Daar was tien beeste op elke el. Die beeste was in twee rye, en hulle het dit ook gemaak van brons, soos die waterbak.

4. Die waterbak het gestaan op die beelde van twaalf beeste. Drie beeste het noord gekyk, drie beeste het wes gekyk, drie beeste het suid gekyk en drie beeste het oos gekyk. Die beeste was onder die waterbak, en hulle boude was na die binnekant.

5. Die waterbak se rand was een sesde el dik, en die rand was soos die rand van ’n beker. Die rand het gelyk soos ’n lelieblom. Die waterbak het 3 000 bat water gehou.

6. Salomo het tien was-skottels laat maak. Hy het vyf skottels regs langs die waterbak neergesit, en vyf skottels links. Die priesters moes die gereedskap vir die brand-offer afspoel in die skottels. Die priesters moes hulleself in die waterbak was.

7. Salomo het ook die goue lampstaanders laat maak soos die Here gesê het hulle moet wees. Hy het die lampstaanders in die voorste kamer van die tempel gesit, vyf regs en vyf links.

8. Hy het tien tafels gemaak en hy het hulle in die voorste kamer gesit, vyf regs en vyf links. Hy het ook 100 goue bakke laat maak.

9. Hy het die mure laat bou rondom die oop stuk grond waar die priesters kon kom, en rondom die groot oop stuk grond waar ander Israeliete ook kon kom. Daar was deure in die mure, en hy het die deure met brons-plate laat toemaak.

10. Hy het die waterbak laat neersit by die regter-kant, suid-oos van die tempel.

11. Hiram het potte en grawe en bakke gemaak. Hy het die werk klaargemaak wat hy vir koning Salomo by die tempel moes doen.

12. Hy het die twee pilare gemaak, die bakke en die kapitele bo-op die pilare, die nette wat die bakke bo-op die twee kapitele toemaak,

13. die 400 granate vir die nette, twee rye granate op elke net wat die bakke bo-op die kapitele toemaak,

14. die staanders en die was-skottels op die staanders,

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 4