Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 8:6-12 Bybel vir Almal (ABA)

6. Die koning het vir die vrou gevra wat gebeur het, en sy het vir hom alles vertel. Die koning het toe ’n amptenaar saam met haar laat gaan en hy het vir die amptenaar gesê: “Sy moet alles terugkry wat aan haar behoort, ook al die geld vir die koring wat op haar grond gegroei het, van die dag toe sy uit die land gegaan het, tot nou toe.”

7. Elisa het in Damaskus gekom. Koning Ben-Hadad van Damaskus was siek en toe hy hoor die man van God het in Damaskus aangekom,

8. het hy vir Gasael gesê: “Jy moet ’n present saamneem en na die man van God toe gaan. Jy moet vir hom sê ek is siek en hy moet vir die Here vra of ek sal gesond word of sal sterf.”

9. Gasael het na Elisa toe gegaan en hy het ’n present saamgeneem. Dit was van die beste goed van Damaskus, en hulle het dit op 40 kamele gepak. Gasael het by Elisa gekom en gesê: “Koning Ben-Hadad het my na jou toe gestuur om te vra of hy sal gesond word of sal sterf, want hy is siek.”

10. Elisa het geantwoord: “Sê vir Ben-Hadad hy sal nie gesond word nie. Hy sal sterf, dit is seker. Die Here het dit vir my gewys.”

11. Elisa het lank na Gasael gekyk, Gasael het later nie geweet wat om te doen nie. Elisa het toe gehuil.

12. Gasael het gevra: “Hoekom huil jy, Meneer?”En Elisa het gesê: “Ek huil omdat ek weet watter slegte dinge jy aan die mense van Israel sal doen. Jy sal hulle stede verbrand, hulle jongmanne doodmaak, hulle babas stukkend slaan en hulle vroue oopsny wat babas verwag.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 8