Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 7:14-19 Bybel vir Almal (ABA)

14. Hulle het toe twee oorlogkarre en perde geneem, en die koning het manne gestuur om te gaan kyk waar die Arameërs is.

15. Die manne het tot by die Jordaan-rivier gegaan om die Arameërs te soek. Oral op die pad het klere en wapens gelê wat die Arameërs weggegooi het terwyl hulle weggehardloop het. Die manne het teruggegaan en hulle het dit vir die koning vertel.

16. Toe het die mense van die stad uitgegaan en hulle het alles gevat wat in die Arameërs se tente was.Alles het gebeur soos die Here gesê het: Een sea koringmeel het ’n sikkel gekos en twee sea gars het ook ’n sikkel gekos.

17. Die koning het vir die offisier wat langs hom gestaan het, gesê hy moet by die poort staan en kyk dat alles reg gaan. Maar die mense het die offisier doodgetrap in die poort.

18. Dit het gebeur soos die man van God vir die koning gesê het. Hy het gesê: “Môre, hierdie selfde tyd, sal twee sea gars een sikkel kos en een sea koringmeel sal ook een sikkel kos.”

19. Daardie offisier het toe vir die man van God geantwoord en gesê: “Dit wat jy sê, kan nooit gebeur nie, ook nie as die Here vensters in die hemel maak waardeur die reën kan val nie.”En Elisa het gesê: “Jy sal sien dat dit gebeur, maar jy sal nie self van daardie meel of gars eet nie.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 7