Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 7:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Elisa het vir die koning gesê: “Luister wat sê die Here: Môre, hierdie selfde tyd, sal kos weer goedkoop wees, ’n sea koringmeel sal een sikkel kos, en twee sea gars sal een sikkel kos in die poort van Samaria.”

2. Die offisier wat langs die koning gestaan het, sê toe vir die man van God: “Nee, dit sal nooit gebeur nie, ook nie wanneer die Here vensters in die hemel maak waardeur die reën kan val nie.”Elisa het vir die offisier gesê: “Ek sê vir jou, jy sal sien dat dit gebeur, maar jy sal nie self van daardie meel of gars eet nie.”

3. Daar was vier melaatse mans voor die poort van die stad Samaria. Hulle het vir mekaar gesê: “Hoekom moet ons hier sit totdat ons sterf?

4. As ons besluit om in die stad in te gaan, dan sal ons daar sterf, want daar is nie kos nie. En as ons hier bly, dan sal ons hier sterf. Daarom, kom ons loop na die Arameërs toe. As hulle ons laat lewe, dan lewe ons, en as hulle ons doodmaak, dan sterf ons.”

5. Toe dit begin donker word, staan die vier melaatse mans op om na die Arameërs se kamp te gaan, maar toe hulle by die kamp kom, was hulle baie verbaas, want daar was niemand nie.

6. Die Here het iets laat gebeur. Die Arameërs het gedink hulle hoor dat daar perde en oorlogkarre en baie manne aankom, en toe sê die Arameërs vir mekaar: “Kan julle dit hoor? Die koning van Israel het die konings van die Hetiete en van Egipte gehuur om te kom oorlog maak teen ons.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 7