Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 5:12-15 Bybel vir Almal (ABA)

12. Die Abana-rivier en die Parpar-rivier van Damaskus is beter as al die water van Israel. As ek my in ’n rivier moet was om rein te word, dan kon ek dit daar gedoen het.”Naäman was baie kwaad en hy het weggery.

13. Maar sy bediendes het met hom kom praat en hulle het vir hom gesê: “Meneer, as die profeet vir jou gesê het jy moet iets doen wat moeilik is, dan sou jy dit gedoen het. Maar nou het hy vir jou gesê: ‘Gaan was jou, dan sal jy weer rein wees.’ ”

14. Toe gaan Naäman af na die Jordaan-rivier en hy duik sewe maal in die water soos die man van God gesê het. Daarna was sy vel so gesond soos ’n klein seuntjie se vel, en hy was weer rein.

15. Hy het teruggegaan na die man van God toe en hy en al sy mense het voor Elisa kom staan. Naäman het gesê: “Luister asseblief, ek weet nou daar is op die hele aarde nie ’n ander God nie, daar is net die God van Israel. En nou wil ek graag vir jou ’n present gee.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 5