Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 22:8-13 Bybel vir Almal (ABA)

8. Die hoëpriester het vir Safan gesê hy het in die tempel ’n boek gekry. In die boek was daar wette geskryf. Die hoëpriester het die boek vir Safan gegee, en Safan het dit gelees.

9. Safan het teruggegaan na die koning toe en hy het vir hom gaan sê wat gebeur het. Hy het vir die koning gesê: “Die priesters het die geld uitgehaal wat in die tempel is, en hulle het dit gegee vir die voormanne wat die werk by die tempel moet laat doen.

10. Die hoëpriester Gilkija het hierdie boek vir my gegee.”Safan het die boek vir die koning gelees.

11. Toe die koning hoor wat daar in die boek geskryf is, het hy sy klere geskeur,

12. en hy het gepraat met die hoëpriester Gilkija en met Agikam seun van Safan en met Akbor seun van Miga en met die sekretaris Safan en met Asaja, die hoof-amptenaar van die koning. Hy het vir hulle gesê:

13. “Ek en die volk, al die mense van Juda, stuur julle om te gaan vra wat sê die Here oor die dinge wat geskryf is in hierdie boek wat hulle in die tempel gekry het. Ek dink die Here is baie kwaad vir ons omdat ons voorvaders nie gedoen het wat in hierdie boek oor ons geskryf is nie.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 22