Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 2:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die tyd het gekom dat die Here vir Elia sou opneem na die hemel, Hy het vir Elia in ’n stormwind opgeneem. Toe Elia en Elisa uit die stad Gilgal uitgaan,

2. het Elia vir Elisa gesê: “Jy moet asseblief hier bly, want die Here stuur my na die stad Bet-El.”Elisa het gesê: “So seker soos die Here lewe en jy lewe, ek sal jou nie alleen los nie.”Hulle het toe na die stad Bet-El gegaan.

3. Daar het profete van Bet-El na Elisa toe gekom en hulle het vir hom gesê: “Weet jy dat die Here vandag jou meneer sal wegneem van jou?”Elisa het gesê: “Ja, ek weet. Moenie daaroor praat nie.”

4. Elia het vir hom gesê: “Elisa, jy moet asseblief hier bly, want die Here stuur my na die stad Jerigo.”Maar Elisa het gesê: “So seker soos die Here lewe en jy lewe, ek sal jou nie alleen los nie.”Hulle het toe by Jerigo gekom.

5. Daar het profete van Jerigo na Elisa toe gekom en hulle het vir hom gesê: “Weet jy dat die Here vandag jou meneer sal wegneem van jou?”Elisa het gesê: “Ja, ek weet. Moenie daaroor praat nie.”

6. Elia het vir Elisa gesê: “Jy moet asseblief hier bly, want die Here stuur my na die Jordaan-rivier.”Elisa het gesê: “So seker soos die Here lewe en jy lewe, ek sal jou nie alleen los nie.”Hulle het toe verder geloop.

7. Elia en Elisa het by die Jordaan-rivier gaan staan, en 50 van die profete het verder weg gestaan.

8. Elia het sy bo-kleed geneem en hy het dit opgerol en daarmee op die water geslaan. Toe het daar ’n pad deur die rivier gekom, en Elia en Elisa het op droë grond deur die rivier geloop.

9. Terwyl hulle deur die rivier geloop het, het Elia vir Elisa gesê: “Jy moet sê wat ek vir jou moet doen voordat die Here my wegneem van jou.”Elisa het geantwoord: “Ek wil asseblief ook ’n profeet wees soos jy, maar twee maal beter as ander profete.”

10. Toe sê Elia: “Dit is ’n moeilike ding wat jy gevra het. As jy my sien wanneer die Here my wegneem, dan sal jy dit kry, maar as jy my nie sien nie, dan sal jy dit nie kry nie.”

11. Terwyl hulle geloop en praat het, het daar skielik ’n oorlogkar en perde van vuur tussen Elia en Elisa gekom, en Elia het in ’n stormwind opgegaan in die lug.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 2