Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 9:9-15 Bybel vir Almal (ABA)

9. Wanneer die mense in die volk Israel vir God iets wou vra, dan het hulle altyd gesê: “Kom ons gaan na die siener toe.” Hulle het die profete daardie tyd “sieners” genoem.

10. Saul het vir die slaaf gesê: “Dit is goed, kom ons gaan.”Hulle het toe na die stad gegaan waar die man van God was.

11. Terwyl hulle teen die heuwel opgaan na die stad, kry hulle meisies wat uitgaan om water te skep. Hulle het vir die meisies gevra: “Is die siener hier?”

12. Die meisies het geantwoord: “Ja, hy is hier voor. Hy het vandag na die stad gekom, want die mense moet vandag ’n offer bring op die offer-plek. Julle moet gou maak.

13. Wanneer julle by die stad kom, dan sal julle hom kry voordat hy na die offer-plek gaan om saam met die mense te gaan eet. Die mense eet nie voordat hy gekom het nie, want hý moet eers vir die Here dankie sê vir die offer-ete, en daarna eet die gaste. Maar julle moet nou gaan, dan sal julle hom daar kry.”

14. Saul en die slaaf het toe na die stad gegaan, en toe hulle in die stad kom en begin rondkyk, kom Samuel daar aan om op te gaan na die offer-plek.

15. Die dag voordat Saul gekom het, het die Here met Samuel gepraat en vir hom gesê:

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 9