Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 7:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die manne van Kirjat-Jearim het toe gekom en hulle het die kis na die huis van Abinadab gebring. Die huis was op die heuwel. Hulle het Abinadab se seun Eleasar gewy om die kis van die Here op te pas.

2. Die kis van die Here het lank in Kirjat-Jearim gebly, dit was 20 jaar daar.Al die Israeliete het gehuil en getreur en hulle het gevra dat die Here hulle moet help teen die Filistyne.

3. Samuel het vir al die Israeliete gesê: “As julle met julle hele hart terugkom na die Here toe, en julle gooi die gode van ander volke weg en ook die Astartes, en as julle net vir die Here lief is en julle dien net vir Hom, dan sal Hy julle red van die Filistyne.”

4. Die Israeliete het toe die Baäls en die Astartes weggegooi en hulle het net vir die Here gedien.

5. Samuel het gesê: “Julle moet al die Israeliete by die stad Mispa laat bymekaarkom, dan sal ek tot die Here bid vir julle.”

6. Hulle het toe by Mispa bymekaargekom en water geskep en vir die Here drank-offers uitgegooi. Hulle het daardie dag gevas en gesê: “Ons het sonde gedoen teen die Here.”Samuel was die leier van die Israeliete in Mispa.

7. Die Filistyne het gehoor dat die Israeliete in Mispa bymekaargekom het, en die leiers van die Filistyne het na die Israeliete toe gekom. Toe die Israeliete dit sien, het hulle bang geword vir die Filistyne

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 7