Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 5:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Filistyne het die verbondskis van God gevat en hulle het dit van die stad Eben-Haeser na die stad Asdod gebring.

2. Hulle het die kis van God na die tempel van Dagon gebring en hulle het dit langs die beeld van Dagon neergesit.

3. Toe die mense van Asdod die volgende oggend opstaan, sien hulle daar lê Dagon met sy gesig op die grond voor die kis van die Here. Hulle het vir Dagon geneem en hom regop gesit op sy plek.

4. Toe hulle vroeg die volgende oggend opstaan, sien hulle daar lê Dagon weer met sy gesig op die grond voor die kis van die Here. Dagon se kop en sy twee hande het afgebreek en dit het by die drumpel van die deur gelê. Net Dagon se lyf het oorgebly.

5. Dit is hoekom die priesters van Dagon en almal wat in die tempel van Dagon kom, tot vandag toe nie op die drumpel van die tempel trap nie.

6. Die Here het die mense van Asdod baie swaar laat kry. Hy het hulle bang laat word en Hy het sere op hulle liggame laat kom. Die sere was op al die mense van Asdod, oral in hulle land.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 5