Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 2:29-34 Bybel vir Almal (ABA)

29. Hoekom maak jy nou of my offers en my presente nie belangrik is nie? Ek het gesê die Israeliete moet daardie offers en presente vir My bring. Hoekom respekteer jy jou seuns meer as vir My? Jy maak hulle vet met die beste van al die presente wat my volk Israel vir Mý bring.

30. “Omdat jy dit doen, sê Ek, die Here, die God van Israel: Ek het duidelik gesê jou nageslag en jou familie sal My altyd in die tempel dien, maar nou sê Ek dit sal nie meer so wees nie. Ek sal die mense eer wat My eer en Ek sal die mense verneder wat maak of Ek nie belangrik is nie.

31. Daar sal ’n dag kom wanneer jy en jou familie nie meer priesters sal wees nie, en niemand uit jou familie sal ’n leier wees nie.

32. Jy sal sien dat dit sleg gaan in hierdie tempel. Ek sal baie goeie dinge laat gebeur met die Israeliete, maar daar sal nooit weer ’n leier uit jou familie kom nie.

33. Wanneer jy nie meer goed kan sien nie en swak geword het, dan sal Ek net een persoon laat oorbly by my altaar. Die meeste mans in jou familie sal sterf voordat hulle oud geword het.

34. Jy sal sien dat dit gebeur. Jou twee seuns Hofni en Pinehas sal altwee op een dag sterf.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 2