Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 17:36-46 Bybel vir Almal (ABA)

36. Ek het leeus én bere oorwin, en hierdie Filistyn, hierdie heiden, sal soos een van hulle wees, want hy het gesê die manne van die God wat lewe, beteken niks.”

37. Dawid het gesê: “Die Here wat my gered het van leeus en bere, dit is Hy wat my sal red van hierdie Filistyn.”Saul het vir Dawid gesê: “Goed, jy mag gaan. Ek bid dat die Here jou sal help.”

38. Saul het toe sy klere geneem en hy het dit vir Dawid gegee om aan te trek. Saul het sy helm van brons op Dawid se kop gesit en hy het gesê Dawid moet die harnas aantrek.

39. Dawid het sy swaard bo-oor die klere vasgemaak met ’n belt en hy het probeer loop, want hy het dit nog nooit gedoen nie. Maar toe sê hy vir Saul: “Ek kan nie met hierdie swaar goed loop nie, ek het dit nog nooit gedoen nie.”Dawid het toe Saul se klere uitgetrek.

40. Hy het sy kierie geneem en hy het vyf gladde klippe in die sloot gaan soek. Hy het dit in sy skaapwagter-sak gesit. Toe het hy nader gegaan na die Filistyn toe en hy het sy slingervel in sy hand vasgehou.

41. Die Filistyn het nader gekom na Dawid toe. Die man wat sy skild gedra het, was voor hom.

42. Toe die Filistyn vir Dawid sien, het hy gedink Dawid beteken niks, want Dawid was ’n jong seun. Hy was gesond en mooi.

43. Die Filistyn het vir Dawid gesê: “Dink jy ek is ’n hond? Hoekom kom jy met ’n kierie na my toe? Ek vervloek jou, my gode sal jou laat sterf.”

44. Hy het vir Dawid gesê: “Kom hier, ek sal jou vleis vir die voëls en die wilde diere gee.”

45. Dawid het vir die Filistyn gesê: “Jy kom na my toe met ’n swaard en met spiese, maar ek kom na jou toe omdat die Here my gestuur het, die Here wat oor alles regeer. Hy is die God van die manne van Israel. Jy het gesê hulle beteken niks.

46. Vandag sal die Here my laat wen teen jou, en ek sal jou oorwin en jou kop afkap. Ek sal die dooie liggame van die Filistyne vir die voëls en die wilde diere gee. Al die mense op die aarde sal weet daar is ’n God in die land Israel.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 17