Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:44-47-61 Bybel vir Almal (ABA)

44-47. Links langs hulle het Etan seun van Kisi gestaan. Hy was van die nageslag van Merari, en sy voorvaders was Levi, Merari, Musi, Magli, Semer, Amsi, Gilkija, Amasja, Gasabja, Malluk en Abdi.

48. Die ander Leviete moes die ander werk doen by die tempel van God.

49. Aäron en sy seuns moes die hoog-gewyde werk doen, hulle moes die offers aan die brand steek op die brandoffer-altaar en op die wierook-altaar. Hulle moes versoening doen vir die sondes van die Israeliete. Moses die dienaar van God het gesê wat hulle alles moet doen.

50. Hier is die name van die priesters van die nageslag van Aäron: Eleasar, Pinehas, Abisua,

51. Bukki, Ussi, Seragja,

52. Merajot, Amarja, Agitub,

53. Sadok en Agimaäs.

54. Hier is nou ook die name van die plekke waar die Leviete kon woon. Hulle het hulle eie plekke gekry om te woon. Die families van die nageslag van Kehat seun van Aäron het eerste hulle plekke gekry.

55. Die Juda-stam het vir hulle die stad Hebron gegee, en ook die weiveld rondom die stad.

56. Maar die stam het vir Kaleb seun van Jefunne die grond buite die stad gegee, hy kon daar ploeg en plant. Hulle het ook die muur rondom die grond vir hom gegee.

57. Die Juda-stam het vir die nageslag van Aäron die asielstad Hebron gegee en ook die stede Libna, Jattir, Estemoa,

58. Giles, Debir,

59. Asan en Bet-Semes. Hulle het ook die weiveld gekry wat rondom die stede was.

60. Die Benjamin-stam het vir die Leviete die stede Geba, Alemet en Anatot gegee. Hierdie Leviete-families het almal saam 13 stede gekry.

61. Die ander families van die nageslag van Kehat het tien stede gekry, dit was waar die halwe Manasse-stam gewoon het.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6