Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 5:24-26 Bybel vir Almal (ABA)

24. Die leiers van hulle families was Efer, Jisi, Eliël, Asriël, Jeremia, Hodauja en Jagdiël. Hulle was almal belangrike mense. Ander mense het hulle gerespekteer en hulle was die leiers van hulle families.

25. Maar die mense van die stamme was ontrou aan die God van hulle voorvaders, hulle het ander gode gedien, die gode van die volke wat in die land was. God het daardie volke weggevat sodat die stamme van Israel daar kon woon.

26. Die God van Israel het vir koning Pul van Assirië laat besluit om die stamme te vang en weg te vat. Koning Pul se ander naam was Tiglat-Pileser. Koning Pul het die mense van die Ruben-stam, die Gad-stam en die halwe Manasse-stam gevang en weggevat na Galag, Gabor, Hara en na die Gosan-rivier. Hulle is nou nog daar.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 5