Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 27:16-29 Bybel vir Almal (ABA)

16. Hier is die name van die hoofde van die stamme van die Israeliete. Die hoof van die Ruben-stam was Eliëser seun van Sikri.Die hoof van die Simeon-stam was Sefatja seun van Maäka.

17. Die hoof van die Levi-stam was Gasabja seun van Kemuel.Die hoof van die Aäron-familie was Sadok.

18. Die hoof van die Juda-stam was Elihu, ’n broer van Dawid.Die hoof van die Issaskar-stam was Omri seun van Mikael.

19. Die hoof van die Sebulon-stam was Jismaja seun van Obadja.Die hoof van die Naftali-stam was Jerimot seun van Asriël.

20. Die hoof van die Efraim-stam was Hosea seun van Asasja.Die hoof van die helfte van die Manasse-stam wes van die Jordaan-rivier was Joël seun van Pedaja.

21. Die hoof van die ander helfte van die Manasse-stam in die land Gilead was Jiddo seun van Sagaria.Die hoof van die Benjamin-stam was Jaäsiël seun van Abner.

22. Die hoof van die Dan-stam was Asarel seun van Jerogam. Dit was die hoofde van die stamme van Israel.

23. Dawid het nie die manne wat jonger as 20 jaar was, laat tel nie, want die Here het belowe dat Hy die Israeliete so baie sal maak soos die sterre in die lug.

24. Joab seun van Seruja het begin om hulle te tel, maar hy kon hulle nie klaar tel nie, want die Here het kwaad geword vir die Israeliete omdat Joab hulle getel het. Daarom is daar nie in koning Dawid se dagboek opgeskryf hoeveel manne daar was wat jonger as 20 jaar was nie.

25. Asmawet seun van Adiël was die hoof oor die koning se stoorkamers in Jerusalem. Joganan seun van Ussia was die hoof oor die stoorkamers buite Jerusalem, in die stede en die dorpe en die plekke wat hoë en sterk mure gehad het.

26. Esri seun van Kelub was die hoof oor die mense wat buite Jerusalem in die grond gewerk het.

27. Simeï van die stad Rama was die hoof oor die wingerde. Sabdi van die stad Sefam was die hoof oor die stoorkamers in die wingerde waar hulle die wyn gebêre het.

28. Baäl-Ganan van die stad Gedera was die hoof oor die olyfbome en die wildevyebome wat in die Laeveld was. Joas was die hoof oor die stoorkamers waar hulle die olyf-olie gebêre het.

29. Sitrai van die land Saron was die hoof oor die beeste wat in Saron gewei het. Safat seun van Adlai was die hoof oor die beeste in die valleie.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 27