Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 2:18-26 Bybel vir Almal (ABA)

18. Kaleb seun van Gesron en sy eerste vrou Asuba het ’n dogter gehad, haar naam was Jeriot. Jeriot se seuns was Jeser, Sobab en Ardon.

19. Nadat Asuba gesterf het, het Kaleb getrou met Efrat, en hulle het ’n seun gehad, sy naam was Gur.

20. Gur was die pa van Uri, Uri was die pa van Besaleël.

21. Gesron het later gaan trou met ’n dogter van Makir. Makir was die voorvader van die mense van Gilead. Gesron was toe 60 jaar oud, en hy en hierdie vrou het ’n seun gehad, sy naam was Segub.

22. Segub was die pa van Jaïr. In die land Gilead was daar 23 dorpe wat behoort het aan Jaïr.

23. Die mense van die land Gesur en die land Aram het die dorpe van Jaïr vir hulleself gevat, en ook die dorp Kenat en die klein dorpies daar naby. Dit was 60 dorpe almal saam. Die mense van hierdie dorpe was almal van die nageslag van Makir, die voorvader van die mense van Gilead.

24. Nadat Gesron gesterf het in die stad Kaleb Efrata, het Gesron se vrou Abija nog ’n seun gekry. Dit was Asgur, die voorvader van die mense van Tekoa.

25. Gesron se oudste seun, Jeragmeël, en sy vrou Agija se seuns was Ram, Buna, Oren en Osem.

26. Jeragmeël het nog ’n vrou gehad. Haar naam was Atara, en sy was die ma van Onam.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 2