Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 19:13-19 Bybel vir Almal (ABA)

13. Jy moet dapper wees, en ons sal ook dapper wees en goed veg vir ons volk en vir die stede van ons God. Die Here sal laat gebeur wat Hy wil hê.”

14. Joab en sy manne het toe begin om oorlog te maak teen die Arameërs, en die Arameërs het gevlug vir hom.

15. Toe die Ammoniete sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook weggevlug van Abisai en hulle het ingegaan in hulle eie stad. Joab het toe teruggegaan na Jerusalem.

16. Die Arameërs het besef dat die Israeliete hulle oorwin het. Hulle het boodskappers gestuur en hulle het die Arameërs laat kom wat anderkant die Eufraat-rivier gewoon het. Sofak, die hoof van die leër van Hadad-Eser, het hulle gelei.

17. Dawid het dit gehoor, en hy het al die Israeliete laat bymekaarkom. Hy het oor die Jordaan-rivier gegaan en toe hy by die Arameërs kom, het hy gereedgemaak vir die oorlog. Toe hy dit doen, het die Arameërs teen hom oorlog begin maak.

18. Maar die Arameërs het weggevlug van Dawid. Dawid het die manne wat op 7 000 oorlogkarre was en 40 000 voetsoldate doodgemaak. Hulle het vir Sofak, die hoof van die leër, ook doodgemaak.

19. Hadad-Eser het regeer oor ’n paar konings, en toe hulle sien dat die Israeliete hulle gewen het in die oorlog, het hulle vrede gemaak met Dawid. Dawid het van toe af oor die Arameërs regeer. Die Arameërs wou nie weer die Ammoniete help nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 19