Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 19:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Koning Nagas van die Ammoniete het gesterf, en sy seun Ganun het koning geword ná hom.

2. Dawid het gedink: Nagas was ’n vriend van my, ek wil ook ’n vriend wees van sy seun Ganun.Dawid het toe amptenare gestuur om vir Ganun te sê dat hy saam met hom hartseer voel omdat sy pa dood is. Maar toe die amptenare van Dawid in die land van die Ammoniete by Ganun kom om vir hom te sê dat Dawid saam met hom hartseer voel,

3. het die leiers van die Ammoniete vir Ganun gesê: “Wat dink jy, hoekom het hierdie amptenare na ons toe gekom? Dink jy Dawid het jou pa gerespekteer en daarom het hy mense na jou toe gestuur om vir jou te sê dat hy hartseer voel saam met jou? Nee, ons dink sy amptenare het gekom net om oral in die land te kyk en om planne te maak hoe hulle die stad kan aanval en verwoes.”

4. Toe neem Ganun die amptenare van Dawid en hy laat hulle baarde afskeer. Hy het ook hulle klere laat afsny by hulle heupe, en toe het hy hulle laat gaan.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 19