Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 12:35-40 Bybel vir Almal (ABA)

35. Van die Dan-stam het 28 600 manne gekom, hulle almal was gereed om oorlog te maak.

36. Van die Aser-stam het 40 000 manne gekom. Hulle was gereed om oorlog te maak en hulle het wapens gehad.

37. Van die oostekant van die Jordaan-rivier het 120 000 manne van die Ruben-stam, die Gad-stam en die ander helfte van die Manasse-stam gekom. Hulle het al die wapens gehad wat hulle moes hê om oorlog te maak.

38. Al hierdie manne het na die stad Hebron gekom. Hulle was gereed om oorlog te maak en hulle almal wou graag help om vir Dawid koning te maak oor al die Israeliete. Al die Israeliete wat nie gekom het nie, wou ook graag vir Dawid koning maak.

39. Die manne wat gekom het, was drie dae lank daar by Dawid. Die mense van Hebron het vir hulle kos gegee.

40. Ander mense van die stamme Issaskar, Sebulon en Naftali was naby en hulle het ook kos gebring. Hulle het meel, vyekoeke, druiwe, wyn en olyf-olie gebring op donkies, kamele, muile en beeste. Hulle het ook baie beeste en skape en bokke gebring, want al die Israeliete was baie bly.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 12