Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 9:7-15 Bybel vir Almal (ABA)

7. dan sal Ek Israel wegvat uit die land wat Ek vir hulle gegee het en Ek sal hierdie tempel laat verwoes, die tempel wat Ek gewy het om aan My te behoort. Dan sal al die volke praat van die Israeliete en hulle sal die Israeliete spot.

8. Hierdie tempel sal ’n hoop klippe word. Elkeen wat hier verbygaan, sal skrik en fluit en vra: ‘Hoekom het die Here dit gedoen met hierdie land en met hierdie tempel?’

9. Dan sal die mense sê: ‘Dit het gebeur omdat die Israeliete die Here gelos het, die God wat hulle voorvaders uit Egipte gebring het. Hulle het ander gode begin aanbid en hulle het voor die gode gebuig en hulle gedien. Dit is hoekom die Here al hierdie slegte dinge met hulle laat gebeur het.’ ”

10. Salomo het 20 jaar lank gebou, en toe was die tempel en die paleis klaar.

11. Koning Hiram van Tirus het vir Salomo die sederhout en sipreshout en goud gegee wat Salomo wou hê om die tempel en die paleis te bou. Salomo het daarna vir Hiram 20 stede in die land Galilea gegee.

12. Hiram het gaan kyk na die stede wat Salomo vir hom gegee het, maar Hiram het nie van die stede gehou nie.

13. Hy het gesê: “My vriend, hoekom gee jy vir my hierdie stede? Hulle beteken niks.” Die mense noem daardie plek nou nog “Nikswerd-land.”

14. Hiram het 120 talente goud vir die koning gestuur.

15. Koning Salomo het mense baie hard laat werk om die tempel en sy paleis te bou. Hy het ook die terras en die muur van Jerusalem en die stede Hasor, Megiddo en Geser gebou.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 9