Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 22:29-34 Bybel vir Almal (ABA)

29. Die koning van Israel en koning Josafat van Juda het gegaan na die stad Ramot in Gilead.

30. Die koning van Israel het vir Josafat gesê: “Ek sal ander klere aantrek sodat mense nie sal weet wie ek is nie en dan sal ek saam met die manne oorlog begin maak. Jy moenie jou koningsklere uittrek nie.”Die koning van Israel het toe ander klere aangetrek en hy het saam met die manne oorlog begin maak.

31. Die koning van Aram het 32 offisiere van die oorlogkarre by hom gehad. Hy het vir hulle gesê: “Julle moet net die koning van Israel skiet. Julle moenie die ander manne skiet nie, dit maak nie saak of hulle belangrik of onbelangrik is nie.”

32. En toe die offisiere van die oorlogkarre vir Josafat sien, het hulle gedink dit is die koning van Israel. Hulle het nader gekom om hom te skiet. Josafat het geskree en gevra sy mense moet help,

33. en toe die offisiere sien dit is nie Agab, die koning van Israel, nie, het hulle opgehou om vir Josafat te jaag.

34. Een van die Arameërs het ’n pyl geskiet. Hy het nie geweet waarnatoe die pyl gaan nie. Hy het die koning van Israel raakgeskiet. Die pyl het ingegaan onder die plate van sy harnas. Die koning het vir die man wat sy oorlogkar gedryf het, gesê: “Draai om en neem my uit die oorlog, want iemand het my raakgeskiet.”

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 22