Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 22:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Daar was drie jaar lank nie oorlog tussen die Arameërs en Israel nie.

2. Toe, in die derde jaar, het koning Josafat van Juda by die koning van Israel gekom.

3. Die koning van Israel het vir sy amptenare gesê: “Weet julle, die stad Ramot in die land Gilead behoort aan ons. Hoekom doen ons niks om dit terug te vat van die koning van Aram nie?”

4. Die koning van Israel het vir Josafat gevra: “Sal jy saam met my gaan oorlog maak teen die stad Ramot in Gilead?”Josafat het vir die koning van Israel gesê: “Ek sal saam met jou gaan, en jy kan my manne en my perde ook gebruik.

5. Maar jy moet asseblief vandag eers vra en luister na wat die Here sê.”

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 22