Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 2:36-45 Bybel vir Almal (ABA)

36. Die koning het vir Simeï laat roep en hy het vir Simeï gesê: “Jy moet vir jou in Jerusalem ’n huis bou en daar gaan woon. Jy moenie uit die stad gaan nie.

37. As jy van jou huis weggaan en oor die Kedron-vallei gaan, dan sal jy sterf, dit is seker, en dit sal jóú skuld wees.”

38. Simeï het vir die koning gesê: “Wat Meneer die koning sê, is goed. Ek sal dit doen.”Simeï het lank in Jerusalem gewoon,

39. maar drie jaar later het twee van sy slawe weggeloop na Akis seun van Maäka, die koning van die stad Gat. Die mense het vir Simeï gesê sy slawe is in Gat.

40. Hy het gereedgemaak en sy donkie opgesaal. Hy het na Akis in Gat gegaan om sy slawe te soek, en hy het hulle teruggebring uit Gat.

41. Salomo het gehoor dat Simeï uit Jerusalem na Gat gegaan het en weer teruggekom het.

42. Hy laat toe vir Simeï roep en hy sê vir Simeï: “Kan jy onthou dat ek jou voor die Here laat belowe het en dat ek jou gewaarsku het? Ek het gesê wanneer jy uit die stad na ’n ander plek gaan, dan moet jy weet jy sal sterf, dit is seker. En jy het vir my gesê dit is goed, jy verstaan dit.

43. Hoekom het jy nie gedoen wat jy voor die Here belowe het nie? Hoekom het jy nie gedoen wat ek vir jou gesê het nie?”

44. Die koning het ook vir Simeï gesê: “Jy weet jy is ’n slegte mens. Jy weet ook wat jy teen my pa Dawid gedoen het. Die Here sal jou nou straf oor wat jy gedoen het.

45. Maar die Here sal aanhou om dit goed te laat gaan met koning Salomo, en daar sal altyd iemand op die troon van Dawid voor die Here wees.”

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 2