Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 9:18-30 Bybel vir Almal (ABA)

18. Ja, God doen wat Hy wil. Hy is goed vir party mense en Hy maak party mense hardkoppig.

19. Jy sê nou miskien: “God doen wat Hy wil doen, en mense kan dit nie keer nie. Hoekom is Hy ontevrede met dit wat ek doen?”

20. Maar jy moet onthou jy is net ’n mens en jy kan nie teen God praat nie. Dit is dieselfde wanneer iemand iets maak. Daardie ding kan nie vir die persoon wat hom gemaak het, vra “Hoekom het jy my só gemaak?” nie.

21. Jy kan ook dink aan ’n pottebakker. ’n Pottebakker kan enige iets van sy klei maak, enige iets wat hy wil. Hy kan van dieselfde stuk klei een ding maak wat baie spesiaal is en hy kan ’n ander ding maak wat nie spesiaal is nie.

22. God doen dieselfde: Daar is party mense vir wie God moes gestraf het, en Hy wou hulle straf. God wou wys hoe sterk Hy is. Ja, Hy moes hulle gestraf het, Hy moes hulle vir altyd laat sterf het, maar Hy was geduldig, Hy het hulle nie gestraf nie.

23. Hy het hulle nie gestraf nie, want Hy wou hê almal moet weet dat Hy, die Koning, baie goed is vir die mense wat Hy gereedgemaak het om eendag ook soos konings te wees.

24. Hy het ons ook gereedgemaak. Ja, God het ons gekies om aan Hom te behoort, Hy het ons gekies uit die Jode en ook uit die heidene.

25. Dit is soos God in die boek Hosea sê: Ek sal vir Nie-My-Volk-Nie sê:“Julle is my volk,”en Ek sal vir die mense sêvir wie niemand lief is nie:“Ek is lief vir julle.”

26. God het ook in die boek Hosea gesê: Ek het vir hulle gesê:“Julle is nie my volk nie,”maar op daardie plek waar Ekdit gesê het,sal Ek vir hulle sê:“Julle is kinders van die Godwat lewe.”

27. En Jesaja skree en sê oor die Israeliete: Die Israeliete is so baiesoos die sand van die see,maar die Here sal minvan hulle red,Hy sal die klein bietjie redwat oorbly,

28. want die Here sal die menseop die aarde straf,Hy sal dit gou doen.

29. Dit is ook wat Jesaja gesê het lank voordat dit gebeur het: Die Here wat oor alles regeer,het ons nie almal laat sterf nie,Hy het ’n paar van ons laat oorbly.As Hy dit nie gedoen het nie,dan was ons soos Sodomen Gomorra.

30. Daarom sê ek: Dit was vir die heidene nie belangrik dat God hulle moet vryspreek nie. Maar God hét hulle vrygespreek omdat hulle in Christus glo.

Lees volledige hoofstuk Romeine 9