Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 14:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Daar is gelowiges wat twyfel, hulle geloof is swak. Julle moet hulle aanvaar. Hulle dink miskien anders as julle oor party dinge en hulle dink hulle is reg. Julle moenie met hulle daaroor stry nie.

2. Party gelowiges glo ’n mens mag alles eet. Maar party gelowiges se geloof is swak, en hulle dink ’n mens mag net groente eet.

3. Die gelowiges wat alles eet, moenie dink dat die ander gelowiges nie belangrik is nie, die gelowiges wat nie alles eet nie. Die gelowiges wat nie alles eet nie, moenie sê die gelowiges wat alles eet, doen verkeerd nie, want God het die gelowiges wat alles eet, ook aanvaar.

4. Dit is nie júlle wat mag besluit of ’n ander man se slaaf reg of verkeerd doen nie, sy eienaar besluit dit. Daarom, die gelowiges wat alles eet, doen reg, want dit is die Hére wat hulle reg laat doen, Hy kan dit doen.

5. Daar is gelowiges wat dink een dag in die week is belangriker as die ander dae, en daar is ander gelowiges wat dink al die dae in die week is dieselfde. Maar hulle almal moet in hulle harte baie seker wees dat dit wat hulle dink, reg is.

6. Hulle wat dink een dag in die week is belangriker as die ander dae, doen dit om die Here te dien. En die gelowiges wat alles eet, doen dit om die Here te dien, en hulle sê vir God dankie. En die gelowiges wat net groente eet, doen dit om die Here te dien, en hulle sê vir God dankie.

7. Ons lewe nie om onsself te dien nie en ons sterf nie om onsself te dien nie.

8. Wanneer ons lewe, dan lewe ons om die Here te dien. En wanneer ons sterf, dan sterf ons om die Here te dien. Ja, wanneer ons lewe, dan behoort ons aan die Here, en wanneer ons sterf, dan behoort ons aan die Here.

9. Christus het gesterf, en Hy het weer begin lewe sodat Hy kan regeer oor almal, almal wat dood is en almal wat lewe.

10. Jy moenie sê die ander gelowiges doen verkeerd nie. En jy moenie dink die ander gelowiges is onbelangrik nie. Jy moet onthou: God sal ons almal eendag oordeel wanneer ons voor sy regterstoel staan.

11. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Die Here sê:Ek het dit vir Myself belowe,Ek het gesê:Elke knie sal voor My buig,elke mens sal sê hy weetEk is God.

Lees volledige hoofstuk Romeine 14