Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 11:26-34 Bybel vir Almal (ABA)

26. Dit is hoe God al die Israeliete sal red. Dit sal wees soos daar in die Ou Testament geskryf is: Die Redder sal uit Sion kom,Hy sal vir Jakob laat ophouom verkeerde dinge te doen.

27. Ek maak ’n verbond met hulle, Ek vergewe hulle sondes.

28. Die Israeliete het nie die goeie boodskap geglo nie. Daarom is hulle God se vyande en daarom is God goed vir julle wat heidene is. Maar God het die Israeliete gekies en Hy is lief vir hulle, want Hy het ’n verbond gemaak met hulle voorvaders.

29. Wanneer God vir iemand genade gee, dan gee Hy dit vir altyd. Wanneer Hy mense kies, dan kies Hy hulle vir altyd.

30. Voorheen was julle heidene, julle was nie gehoorsaam aan God nie. Die Israeliete was ook nie gehoorsaam nie, en nou is God vir júlle jammer.

31. Nou sal dieselfde gebeur: Die Israeliete was nie gehoorsaam aan God nie, maar God sal weer goed wees vir hulle, want God was goed vir júlle.

32. Almal, Israeliete en heidene, was ongehoorsaam, en God het hulle ongehoorsaam laat bly, want Hy wou jammer wees vir hulle almal.

33. Die wysheid van God, alles wat Hy weet, alles wat aan God behoort, is meer as wat ons kan verstaan. Ons kan nie weet wat God besluit nie, ons kan nie uitvind wat Hy wil doen nie.

34. Wie mag vir die Here sêwat Hy moet dink?Wie mag vir Hom sêwat die regte dinge iswat Hy moet doen?

Lees volledige hoofstuk Romeine 11