Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 11:11-17 Bybel vir Almal (ABA)

11. Die Israeliete het sonde gedoen toe hulle nie in Christus geglo het nie. Nou vra ek: Is hulle heeltemal verlore? Nee, nooit nie! Die Israeliete het sonde gedoen, maar omdat hulle sonde gedoen het, het God die heidene gered. Hy het dit gedoen sodat die Israeliete jaloers kan word.

12. Ja, die Israeliete het sonde gedoen, en daarom het die ander mense in die wêreld al die goeie dinge gekry wat God wil gee. Die Israeliete het al die goeie dinge verloor, en die heidene het al die goeie dinge gewen. Nou moet julle dit weet: Wanneer God al die Israeliete red wat Hy wil red, dan sal die heidene nog baie meer goeie dinge kry.

13. Ek sê vir julle, vir julle wat heidene is: Ek is ’n apostel en God het vir my die werk gegee om na die heidene toe te gaan. Ek doen hierdie werk baie goed

14. en ek hoop die Israeliete word jaloers wanneer hulle sien dat God die heidene red. Dan kan God party van die Israeliete ook red.

15. Toe God die Israeliete gelos het, het Hy die sonde weggeneem van ander mense in die wêreld. Nou is alles reg tussen die ander mense en God. Julle moet dit weet: Wanneer God die Israeliete weer aanneem om aan Hom te behoort, dan sal dit wees soos wanneer Hy dooie mense weer laat lewe.

16. Wanneer iemand ’n stukkie van die deeg offer, dan behoort die hele stuk deeg aan God. En wanneer die wortel van ’n boom aan God behoort, dan behoort die takke van die boom ook aan God.

17. God het die Israeliete gelos en Hy red julle wat heidene is. Dit is soos wanneer iemand takke van ’n mak olyfboom afbreek en dan takke van ’n wilde olyfboom inent op die mak olyfboom. Dan groei daardie wilde takke aan die mak olyfboom en hulle kry ook van die boom se wortel al die kos wat hulle nodig het.

Lees volledige hoofstuk Romeine 11