Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 19:7-15 Bybel vir Almal (ABA)

7. Ons moet bly wees! Baie bly!Kom ons prys Hom, ons Koning!Want dit is nou die tyd wanneerdie Lam gaan trou!Ja, sy bruid het haarselfmooi gemaak!

8. God het vir haar gesê sy magmooi klere aantrek,klere wat blink en skoon is!Ja, die mooi klereis die goeie dingewat die mense gedoen het,die mense wat aan God behoort.”

9. En die engel het vir my gesê: “Jy moet skryf: ‘God het party mense genooi na die ete wanneer die Lam trou. Daardie mense is gelukkige mense!’ ”Die engel het ook vir my gesê: “God sê dit, en alles wat Hy sê, is waar!”

10. En ek het voor die engel gekniel om hom te aanbid, maar hy het vir my gesê: “Jy moenie dit doen nie! Ek is ook ’n dienaar van God, soos jy en jou vriende. Ek glo ook in Jesus, soos julle. Jy moenie vir my aanbid nie, jy moet vir Gód aanbid! Want die dinge wat ons van Jesus glo, is die dinge wat al die profete sê.”

11. En ek het gesien die hemel is oop. Toe sien ek ’n wit perd! Die Persoon wat op die perd gesit het, se Name was “Hy wat altyd doen wat Hy sê” en “Die Waarheid.” Want wanneer Hy oordeel en oorlog maak, dan doen Hy altyd wat reg is.

12. Sy oë was soos vuurvlamme, en daar was baie krone op sy kop. Daar was ’n Naam geskryf op Hom, niemand het die Naam geken nie, net Hyself het die Naam geken.

13. Hy het klere gedra wat vol bloed was. Sy Naam was “Die Woord van God.”

14. Die leërs van die hemel het agter Hom gery op wit perde. Hulle het mooi klere aangehad, klere wat wit en skoon is.

15. ’n Skerp swaard het gekom uit die mond van die Persoon op die perd. Hy het die mense van die volke doodgeslaan met die swaard. Hy sal hulle met ’n yster-septer regeer. Ja, God wat alles kan doen, is baie kwaad vir hulle. Daarom sal die Persoon op die perd hulle straf. Hy sal hulle straf soos wanneer ’n mens druiwe in ’n parskuip stukkend trap.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 19