Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 9:7-17 Bybel vir Almal (ABA)

7. Die man het opgestaan en hy het huis toe gegaan.

8. Daar was baie mense, en almal het dit gesien. Hulle het bang geword en hulle het God geprys omdat Hy vir mense die krag gee om dit te kan doen.

9. Jesus het verder geloop. Hy sien toe ’n man by ’n tolhek sit. Die man se naam was Matteus. Jesus het vir hom gesê: “Kom saam met My!”Matteus het opgestaan en hy het saam met Jesus gegaan.

10. Jesus het in Matteus se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars het ook saam met Jesus en sy dissipels kom eet.

11. Die Fariseërs het dit gesien en hulle vra toe vir Jesus se dissipels: “Hoekom eet julle meneer saam met tollenaars en sondaars?”

12. Jesus het gehoor wat die Fariseërs sê, en Hy het vir hulle gesê: “Gesonde mense gaan nie dokter toe nie, net mense wat siek is, gaan dokter toe.

13. Julle moet leer wat beteken hierdie woorde:“Die Here sê: Ek wil nie offers hê nie,maar Ek wil hê julle moetgoed wees vir mense.“Ek het nie gekom om mense te roep wat dink hulle is gehoorsaam aan die wette van God nie. Ek het gekom om sondaars te roep.”

14. Johannes se dissipels het na Jesus toe gekom. Hulle het vir Hom gesê: “Ons vas en die Fariseërs vas, maar hoekom vas jou dissipels nie?”

15. Jesus sê toe vir hulle: “Die vriende van die bruidegom kan nie rou wanneer die bruidegom nog by hulle is nie. Maar daar sal ’n tyd kom wanneer die bruidegom weg sal wees, dan sal hulle vas.

16. Niemand maak ou klere reg met ’n stuk lap wat nog nie gekrimp het nie. Wanneer iemand dit doen, dan sal die nuwe lap krimp en die ou materiaal sal ook skeur, en dan sal die skeur groter word.

17. Niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie, want dan sal die wyn die sakke laat oopbars. Dan verloor hy die wyn én die velsakke. Nee, ’n mens moet nuwe wyn in nuwe sakke gooi, dan sal hy nie die sakke of die wyn verloor nie.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 9