Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 6:11-20 Bybel vir Almal (ABA)

11. Gee vir ons vandag die koswat ons vandag nodig het.

12. En vergewe ons alles wat onsverkeerd gedoen het teen U,soos ons ook ander mense vergewewat verkeerd gedoen hetteen ons.

13. En help ons dat niks sal gebeurwat ons sal laat sonde doen nie.Maar beskerm onsteen die duiwel.

14. “Wanneer ander mense verkeerd doen teen julle, dan moet julle hulle vergewe. Dan sal julle Vader in die hemel julle ook vergewe.

15. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, dan sal julle Vader in die hemel julle ook nie vergewe wanneer julle verkeerd gedoen het nie.”

16. “Wanneer julle vas omdat julle God wil eer, dan moet julle nie doen wat die skynheilige mense doen nie. Hulle wys hulle kry swaar, hulle was nie hulle gesigte nie en kam nie hulle hare nie. Hulle doen dit sodat die mense moet sien hulle is besig om te vas. Ek sê vir julle, en dit is seker: Hulle het al klaar gekry wat hulle wou gehad het. God sal nie goed wees vir hulle omdat hulle dit doen nie.

17. Maar jy, wanneer jy vas, moet jy jou gesig was en jou hare kam

18. sodat die mense nie kan sien dat jy vas nie. Net jou Vader moet sien dat jy vas. Die mense kan nie jou Vader sien nie. En jou Vader in die hemel wat alles kan sien wat die mense nie kan sien nie, sal goed wees vir jou.”

19. “Dit moenie vir julle belangrik wees om mooi en duur goed bymekaar te maak hier op die aarde nie. Motte vreet dit en dit roes, diewe breek in by huise en steel dit.

20. Dit is beter om vir julle goed bymekaar te maak in die hemel en om daar ryk te wees by God. Daar kan motte dit nie vreet nie en dit kan nie roes nie, en diewe kan nie daar inbreek en dit steel nie.

Lees volledige hoofstuk Matteus 6