Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 5:2-15 Bybel vir Almal (ABA)

2. Toe het Hy begin om vir hulle te leer. Hy het vir hulle gesê:

3. “Mense wat weet hulle hetvir God nodig,is gelukkige mense,want God wat in die hemel is,is hulle Koning.

4. Mense wat nou hartseer is,is gelukkige mense,want God sal hulle hartseerwegneem.

5. Mense wat nederig isen wat op God vertrou,nie op hulleself nie,is gelukkige mense,want God sal vir hulledie aarde gee.

6. Mense wat baie graag wil doenwat God wil hê,is gelukkige mense,want God sal vir hulle helpom alles te doen wat Hy wil hê.

7. Mense wat goed is vir iemandwat swaarkry,is gelukkige mense.God sal vir hulle ook goed wees.

8. Mense wat net vir God dien,is gelukkige mense,want hulle sal God sien.

9. Mense wat vrede maaktussen mense,is gelukkige mense.God sal sê hulle is sy kinders.

10. Wanneer mense doenwat God wil hê,en ander mense doenslegte dinge aan hulle,dan is hulle gelukkige mense.God wat in die hemel is,is hulle Koning.

11. “Julle is gelukkige mense wanneer ander mense julle beledig en slegte dinge doen aan julle omdat julle My dien. Julle is gelukkige mense wanneer hulle slegte stories oor julle vertel wat alles leuens is.

12. Wanneer mense slegte dinge doen aan julle, dan moet julle baie bly wees, want in die hemel sal God vir julle baie goed wees. Die mense het ook slegte dinge gedoen aan die profete wat voor julle gelewe het.”

13. “Julle is vir die aarde soos sout in kos. Maar as sout nie meer soos sout smaak nie, dan kan niemand dit weer soos sout laat smaak nie. Daardie sout beteken niks. Mense gooi dit buite weg en hulle trap daarop.

14. “Julle is vir die wêreld soos lig wat skyn. As ’n stad bo-op ’n berg lê, dan kan al die mense die stad sien.

15. So steek ’n mens ook nie ’n lamp op en maak dit dan toe met ’n emmer nie. Nee, ’n mens sit ’n lamp op die lampstaander, en die lig skyn sodat almal in die huis kan sien.

Lees volledige hoofstuk Matteus 5