Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 4:14-21 Bybel vir Almal (ABA)

14. Dit het gebeur sodat dit waar kan word wat die profeet Jesaja gesê het:

15. “Land van Sebulon en Naftali,langs die pad na die Seevan Galilea,naby die Jordaan-rivier,Galilea, land van mensewat nie Jode is nie.

16. Julle is die volk wat indie donker lewe,maar julle het ’n groot lig gesien.Julle wat woon in die skaduweevan die dood,julle het gesien dit word lig.”

17. Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Julle moet nou begin lewe soos God wil hê, want God wat in die hemel is, is Koning oor almal, en van nou af sal almal dit weet.”

18. Jesus het langs die See van Galilea geloop. Hy sien toe twee broers, Simon en Andreas. Simon se ander naam was Petrus. Hulle was vissermanne en hulle het hulle visnet in die see gegooi.

19. Jesus sê toe vir hulle: “Kom hier, kom saam met My, Ek sal julle lewens verander: Julle sal nog vissermanne wees, maar julle sal nie meer visse vang nie, julle sal mense bymekaarmaak vir God.”

20. Simon en Andreas het dadelik hulle visnette gelos en hulle het saam met Jesus gegaan.

21. Jesus het verder gegaan en toe sien Hy twee ander broers, Jakobus en Johannes. Hulle was die seuns van Sebedeus. Hulle was in die boot saam met hulle pa en hulle was besig om hulle visnette reg te maak. Jesus het hulle geroep om saam met Hom te kom.

Lees volledige hoofstuk Matteus 4