Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 24:10-23 Bybel vir Almal (ABA)

10. Dan sal baie mense ophou om in My te glo. Hulle sal mekaar verraai en hulle sal mekaar vir die vyand gee. Hulle sal mekaar haat.

11. Daar sal baie vals profete kom en hulle sal vir baie mense verkeerd leer.

12. Meer en meer mense sal nie doen wat God se wette sê nie, en daarom sal die liefde van die meeste mense min word.

13. Maar as iemand tot die einde aanhou om My te volg, dan sal God hom red.

14. In die hele wêreld sal mense hierdie goeie boodskap bring, die boodskap dat God Koning is. Al die volke sal dit kan hoor. Daarna sal die einde van die wêreld kom.”

15. Jesus het gesê: “Julle sal iets sien wat vir God baie kwaad maak en wat alles verwoes. Dit sal staan in die gewyde plek. Die profeet Daniël het daaroor geskryf. Almal wat hierdie woorde lees, moet goed dink wat dit beteken.

16. Wanneer dit gebeur, dan moet die mense wat in Judea is, na die berge vlug.

17. Iemand wat op die dak van sy huis is, moenie wanneer hy afklim, eers iets in die huis gaan haal nie.

18. En iemand wat op die koringland werk, moenie eers omdraai huis toe om sy klere te gaan haal nie.

19. Dit sal in daardie tyd sleg gaan met vroue wat ’n baba verwag of wat kinders het wat nog aan hulle drink.

20. Julle moet bid dat julle nie in die winter of op ’n Sabbatdag sal moet vlug nie.

21. In daardie tyd sal mense baie swaar kry. Tot vandag toe het niemand so swaar gekry nie, van die begin af toe God alles gemaak het, tot nou toe. Niemand sal weer so swaar kry nie.

22. In daardie tyd sal die mense swaarkry, maar die Here het besluit om daardie tyd korter te maak. As Hy dit nie besluit het nie, dan sal niemand in daardie tyd aanhou lewe nie. Maar die Here het besluit om daardie tyd korter te maak om die mense te help wat Hy gekies het.

23. Wanneer iemand in daardie tyd vir julle sê: ‘Kyk, hier is die Christus!’ of ‘Daar is Hy!’ dan moet julle hom nie glo nie,

Lees volledige hoofstuk Matteus 24