Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 2:13-23 Bybel vir Almal (ABA)

13. Nadat die sterrekykers weggegaan het, het ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef verskyn en vir hom gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy ma saam en vlug na Egipte. Bly daar totdat Ek vir jou sê om terug te kom, want koning Herodes wil die Kindjie doodmaak.”

14. Josef het toe opgestaan. Hy het die Kindjie en sy ma in die nag saam met hom geneem en hulle het na Egipte gegaan.

15. Hulle het in Egipte gebly totdat Herodes gesterf het. Dit het gebeur sodat dit waar kan word wat die Here gesê het. Die profeet het geskryf: “Die Here het gesê: Ek het my Seun uit Egipte geroep.”

16. Koning Herodes het uitgevind dat die sterrekykers hom gekul het, hulle het nie gedoen wat hy vir hulle gesê het nie. Hy was toe baie kwaad. Hy het soldate gestuur om al die seuntjies in Betlehem dood te maak, al die seuntjies wat twee jaar oud en jonger as twee jaar was. Hulle het ook die seuntjies doodgemaak wat naby Betlehem gewoon het. Hy het die seuntjies laat doodmaak wat twee jaar oud en jonger as twee jaar was, omdat die sterrekykers vir hom gesê het wanneer hulle die ster gesien opkom het.

17. So het gebeur wat die profeet Jeremia gesê het:

18. “Hulle hoor hoe die mense huil,hoe hartseer hulle isin die stad Rama.Ragel huil oor haar kinders.Die mense probeer haar troos,maar sy bly hartseer,want haar kinders is dood.”

19. Later, toe koning Herodes gesterf het, was Josef nog in Egipte. ’n Engel van die Here het in ’n droom aan Josef verskyn. Die engel het vir Josef gesê:

20. “Maak gereed, neem die Kindjie en sy ma en gaan terug na die land Israel, want die mense wat die Kindjie wou doodmaak, is nou dood.”

21. Josef het toe gereedgemaak. Hy het die Kindjie en sy ma geneem en na Israel gegaan.

22. Maar Josef het gehoor Argelaos was die nuwe koning van die provinsie Judea. Argelaos was koning ná sy pa Herodes. Josef was toe bang om na Judea te gaan. Die Here het vir Josef in ’n droom gewaarsku, en daarom het Josef uit Egipte na die provinsie Galilea gegaan.

23. Josef het gaan woon in die stad Nasaret. So het gebeur wat die profete gesê het: “Die mense sal Jesus ’n ‘Nasarener’ noem.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 2