Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 19:5-19 Bybel vir Almal (ABA)

5. God het toe gesê:“Daarom sal ’n man weggaanvan sy pa en sy maen hy sal saam metsy vrou lewe.Hulle twee sal sooseen mens wees.

6. “Daarom is hulle nie meer twee mense nie, maar een. As God ’n man en ’n vrou saamgebind het, dan mag hulle nie skei nie.”

7. Die Fariseërs vra toe vir Jesus: “Maar Moses het ’n wet gemaak dat ’n man vir sy vrou ’n skeibrief moet gee wanneer hy van haar skei. Hoekom het hy dit gedoen?”

8. Jesus het hulle geantwoord: “Dit is omdat julle so hardkoppig is. Daarom het Moses gesê julle mag van julle vroue skei. Maar in die begin toe God die mense gemaak het, was dit nie so nie.

9. Ek sê vir julle: As ’n man van sy vrou skei, en met ’n ander vrou trou, dan pleeg hy egbreuk. ’n Man kan net van sy vrou skei as sy seks gehad het met ’n ander man.”

10. Jesus se dissipels sê toe vir Hom: “As dit so is met ’n man en ’n vrou wat met mekaar getroud is, dan is dit beter om nie te trou nie.”

11. Maar Jesus antwoord hulle: “Dit is nie al die mense wat kan verstaan wat Ek gesê het nie, net die mense vir wie God help, kan dit verstaan.

12. Daar is mans wat nie kan trou nie omdat hulle so gebore is. Daar is ook mans wat nie kan trou nie omdat ander mense hulle ontman het. En daar is mans wat nie trou nie sodat hulle kan doen wat God wil hê, God, die Koning wat in die hemel is. Elkeen wat dit kan verstaan, moet dit doen.”

13. Toe het die mense kindertjies na Jesus toe gebring sodat Hy sy hande op hulle kon sit en vir hulle kon bid. Maar die dissipels het met hulle geraas.

14. Jesus sê toe vir hulle: “Laat die kinders na My toe kom en moenie hulle keer nie, want God wat in die hemel is, is Koning oor mense soos hulle.”

15. Jesus het sy hande op die kindertjies gesit en Hy het daar weggegaan.

16. Iemand het na Jesus toe gekom en vir Hom gevra: “Meneer, watter goeie ding moet ek doen om die ewige lewe te kry?”

17. Maar Jesus het vir hom gesê: “Hoekom vra jy vir My wat is goed? Daar is net Een wat goed is, en dit is God. Maar as jy die ewige lewe wil kry, dan moet jy gehoorsaam wees aan God se wette.”

18. Die man sê toe: “Watter wette?”Jesus het vir hom gesê:“Jy mag nie iemand doodmaak nie,jy mag nie egbreuk pleeg nie,jy mag nie steel nie,jy mag nie oor ander menselieg nie,

19. jy moet jou ouers respekteer,”en “jy moet lief wees vir jou naastesoos jy lief is vir jouself.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 19