Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 13:7-21 Bybel vir Almal (ABA)

7. “Party van die saad het tussen die dorings geval. Die dorings het grootgeword en dit het die ander plantjies heeltemal toegegroei.

8. “Party van die saad het in vrugbare grond geval. Dit het gegroei en daar was baie koring. Een plant het 100 maal meer gegee as die saad, ’n ander plant het 60 maal meer gegee, en ’n ander plant 30 maal meer.

9. As iemand verstaan wat Ek sê, dan moet hy doen wat Ek sê!”

10. Die dissipels het na Jesus toe gekom en vir Hom gevra: “Hoekom vertel U gelykenisse wanneer U met die mense praat?”

11. Jesus het vir hulle gesê: “God het vir julle gehelp om die geheim te verstaan dat Hy wat in die hemel is, die Koning is en dat Hy regeer. Maar God het die ander mense nie gehelp om dit te verstaan nie.

12. As iemand hierdie geheim net ’n klein bietjie verstaan, dan sal God hom help om dit nog beter te verstaan. Dan sal hy dit baie goed verstaan. Maar as iemand hierdie geheim nie verstaan nie, dan sal God hom niks laat verstaan nie.

13. Ek vertel vir die mense gelykenisse, want hulle kyk, maar hulle sien niks. Hulle hoor, maar hulle verstaan nie wat hulle hoor nie.

14. Die profeet Jesaja se woorde is waar wat hy oor hulle geskryf het. Hy het geskryf:“Julle sal hoor en hoor,maar julle sal niks verstaan nie.Julle sal kyk en kyk,maar julle sal niks sien nie.

15. Hierdie volk het hardkoppiggeword.Hulle het opgehou luistersodat hulle nie kan verstaan nie.Hulle het hulle oë toegehousodat hulle nie kan sien nieen nie kan verstaan nie.Ek wil hulle gesond maak,maar hulle wil nie veranderen lewe soos Ek wil hê nie.”

16. Jesus het ook gesê: “Julle is gelukkige mense, want julle oë kan sien en julle ore kan hoor en julle kan verstaan.

17. Ek sê vir julle, en dit is seker: Baie profete en mense wat gehoorsaam was aan die wette van die Here, wou baie graag sien wat julle nou sien, maar hulle het dit nie gesien nie. En hulle wou baie graag hoor wat julle nou hoor, maar hulle het dit nie gehoor nie.”

18. “Julle moet nou luister na wat die gelykenis van die saaier beteken.

19. “Weet julle wat dit beteken wanneer die saad op die voetpad in die koringland geval het? Dit is wanneer iemand die boodskap hoor dat God Koning is, maar nie die boodskap verstaan nie. Die duiwel kom na hom toe en hy vat die woorde weg wat God in sy hart gesaai het.

20. Wanneer die saad in vlak grond val waar daar klippe onder die grond is, dan is dit soos wanneer iemand die boodskap hoor en glo en bly is daaroor,

21. maar hy is soos ’n plant wat nie diep wortels het nie en net ’n kort tydjie lewe. Hy hoor die boodskap en hy glo dit, maar wanneer die mense hom daaroor verdruk, en hy begin swaarkry, dan hou hy op om te glo.

Lees volledige hoofstuk Matteus 13