Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 20:20-30 Bybel vir Almal (ABA)

20. Die leiers van die Jode het baie goed gekyk wat Jesus doen. Hulle het spioene na Jesus toe gestuur. Die spioene het gemaak of hulle graag meer van Jesus wou leer. Die leiers wou hê Jesus moet iets sê wat verkeerd is, sodat Hy probleme kan kry. Dan kan hulle Hom vang en vir die Romeinse regering gee, sodat hulle Hom kan straf.

21. Die spioene het toe vir Jesus gevra: “Meneer, ons weet die dinge waaroor jy praat en wat jy leer, is reg. Jy is nie bang vir wat mense van jou sê nie. Jy leer vir die mense wat God wil hê hulle moet doen, en die dinge wat jy vir hulle leer, is waar.

22. Maar sê vir ons: Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal of nie?”

23. Jesus het geweet hulle wil hê Hy moet iets verkeerd sê waaroor hulle Hom kan vang, en Hy sê toe vir hulle:

24. “Wys vir My ’n silwer geldstuk.”Toe hulle dit doen, vra Hy vir hulle: “Wie se kop en wie se naam is op hierdie geld?”Hulle het vir Hom gesê: “Dit is die keiser se kop en sy naam.”

25. Jesus sê toe vir hulle: “Dit is reg. Dan moet julle vir die keiser gee wat aan hom behoort, maar julle moet ook vir God gee wat aan Hóm behoort.”

26. Die spioene kon Hom nie vang nie, want niemand het gehoor dat Hy iets verkeerd gesê het nie. Hulle was baie verbaas oor wat Jesus geantwoord het en hulle het stilgebly.

27. ’n Paar Sadduseërs het na Jesus toe gekom. Die Sadduseërs het nie geglo dat die mense wat gesterf het, weer sal lewe nie. Hulle het vir Jesus gesê:

28. “Meneer, Moses het in sy wette geskryf wat ons moet doen. Hy het gesê: ‘Wanneer ’n man sterf en sy vrou lewe nog en hulle het nie kinders nie, dan moet sy broer met die weduwee trou. Wanneer die vrou dan kinders kry, dan sal dit sy broer wat dood is, se kinders wees.’

29. Daar was sewe broers. Die oudste broer het getrou. Hy het gesterf maar hy het nie kinders gehad nie.

30. Die tweede broer het met die oudste broer se weduwee getrou,

Lees volledige hoofstuk Lukas 20